Waarheen wil jy gaan?
Teken in met jou @liggieshs.com-rekening.
Ouers weet binne minute as hul kind afwesig gemerk is. Onderwysers sien hul toesig voordat die klok lui. Bestuur reël alles op een plek. In Afrikaans, aangepas vir jou skool, en veilig volgens POPIA.
Ouers sien die skool se hele jaarkalender in die app. Met een klik stoor hulle dit as 'n PDF en druk dit vir daardie spesiale plek op die yskas.
Gebou saam met 'n adjunkhoof, vir hoe 'n skooldag regtig werk. Bestuur reël afwesighede, toesig en terreindiens in een app; elke onderwyser sien sy eie dag in die ander.
Kinders se inligting verdien die beste beskerming. Die skool bly die verantwoordelike party; JCL Schools werk as operateur namens die skool, met 'n skriftelike ooreenkoms.
Pryse hang af van die grootte van jou skool. Elke pakket word aangepas vir jou skool se behoeftes, met aanboording en opleiding ingesluit.
Vertel ons van jou skool. Ons stuur 'n kwotasie en wys jou die stelsel op 'n tyd wat jou pas.
Daar's 'n stryd te stry! Daar's werk!
Teken in met jou @liggieshs.com-rekening.